HET JY GEWEET?

85%
van plaaslike familie- besighede sal nie ná die derde geslag oorleef nie.
Stel ’n FAMILIEGRONDWET met die hulp van Galileo Advice op en verseker só dat jou familiebate vir jou nageslag bewaar word.

Moenie deel van die statistieke word nie.

3-SIRKELMODEL

Die kompleksiteit van familiebesighede word baie goed deur die 3-sirkelmodel geïllustreer. In ’n gewone besigheid is daar aandeelhouers (of eienaarskap) en die bestuur wat die strategie moet implementeer en op die sake van die besigheid moet fokus.

In die familiebesigheid is daar drie belangegroepe – eienaarskap (soos bv. aandeelhouers), familie en besigheid – wat oorvleuel. Die drie groepe moet saamwerk om te verseker dat die familiebesigheid floreer.

PERMUTASIES SLUIT IN:

  1. Sommige familielede werk in die besigheid.
  2. Sommige van die bestuurslede is familie.
  3. Sommige van die werknemers is familie.

Waarom ’n Familiegrondwet?

Met dié verskillende en gedeelde belange in ’n familiebesigheid, kan ’n mens verstaan hoekom slegs ’n klein persentasie van familiebesighede dit regkry om oor generasies voor te bestaan.

’n Familie groei vinniger as wat die besigheid groei!

Konflik, onsekerheid, verwagtinge, regte, en verpligtinge van al hierdie individue moet in ’n familiebesigheid gedefinieer en bestuur word. Daarom is dit noodsaaklik dat elke familie - besigheid ’n basisooreenkoms moet saamstel om te oorleef. Dit is ’n FAMILIEGRONDWET.

Boublokke van 'n Familiegrondwet

Die boublokke van die FAMILIEGRONDWET uitgebeeld as ’n familievesting - kom binne!

1. Die familiedroom

AS ONDERBOU

Die familiedroom vorm die onderbou van elke familiebesigheid. Dis hier waar die kommunikasieproses moet begin.

Wat is die familiedroom?
Is almal op dieselfde bladsy?
Is daar ’n behoefte dat die besigheid oor generasies moet bly voortbestaan? Dis dalk Pa en Ma se droom, maar hoe voel die res van die jonger generasie daaroor?

Die formulering van dié familiedroom is noodsaaklik vir die familie- besigheid om as ’n hegte eenheid te bly funksioneer. Dis belangrik vir al die rolspelers van die familiebesigheid om op hierdie waardes en beginsels in te koop. As die familiedroom en visie vasgestel is, kan dit deur ’n duidelike missie geïmplementeer word.

2. Finansiële kapitaal

AS PILAAR

Elke familiebesigheid het ’n stewige pilaar van finansiële kapitaal nodig om die familie- vesting regop te hou. Dit bestaan nie net uit ’n gesonde balansstaat nie, maar het ander belangrike komponente.

SKULDRIGLYNE

Een daarvan is skuldriglyne. ’n Gesonde beleid hieroor moet geformuleer word oor wat die optimale skuldvlakke van die familiebesigheid is.

WELVAARTBELEID

Die FAMILIEGRONDWET moet ook riglyne bevat vir die opstel van ’n welvaartbeleid, wat met die diversifikasie van beleggings (diversifikasie oor jurisdiksies en bateklasse) handel. Dit moet verkieslik met die leiding van ’n professionele finansiële adviseur opgestel word.

Ons sien dikwels familiebesighede waar Pa vir die oortrokke fasiliteite in die besigheid se naam, borg staan. Die leningvoorwaardes moet hersien word om seker te maak hierdie fasiliteite word nie tydens Pa se afsterwe opgeroep nie. Lewensdekking moet ook hersien word om seker te maak wat die impak op die besigheid se likiditeit is, sou Pa afsterf.

Familie wat boer, moet ’n passie hê vir plant, nie vir geld nie.

VERGOEDINGSTRUKTURE

Gesonde vergoedingstrukture ontbreek dikwels by familie- besighede wat maklik tot konflik lei, omdat sekere familielede by die besigheid werk en ander nie. Dié wat nie by die besigheid werk nie, het dikwels ’n privaat-ekwiteit-uitkyk op die familiebesigheid se bates. Die familie wat by die besigheid werk, fokus op langtermyngroei en ag kapitale uitbreiding as ’n prioriteit eerder as om dividende uit te keer. Om hierdie verskillende belange in die FAMILIEGRONDWET te belyn is baie belangrik vir gesonde verhou- dinge in die familie. Goeie finansiële beplanning moet ook gedoen word vir elke familielid en die familiebesigheid.

Indien ’n familielid nie voorsiening maak en kan aftree nie, raak dit dikwels die familiebesigheid se probleem. ’n Verpligting van finansiële beplanning vir al die familielede word in die FAMILIEGRONDWET vervat sodat elke familielid onafhanklik van die familiebesigheid na homself /haarself kan omsien. Die implementering van goeie vergoedings- beleide (ingesluit dividend- en distribusie- beleide) word ook aangespreek. Indien die familie gemeenskaplike leefstylbates besit, kan die gebruik en administrasie daarvan ook in die FAMILIEGRONDWET.

3. Menslike kapitaal

AS PILAAR

Die ZZ2-familie is groter as die genetiese Van Zyl- familie. By ZZ2 word ’n tuiste geskep vir alle werknemers en die familie se optrede moet bevestigend daarvan wees.

Die ZZ2-familie is groter as die genetiese Van Zyl- familie. By ZZ2 word ’n tuiste geskep vir alle werknemers en die familie se optrede moet bevestigend daarvan wees.

Menslike kapitaal is die bates in die familiebesigheid wat nie in geld gemeet kan word nie. Besigheidseienaars beaam dikwels dat die besigheid net so sterk is soos die mense wat vir die besigheid werk. Elke familiebesigheid moet seker maak hulle stel die beste mense vir elke pos aan, en dat die werknemers en bestuur deurlopend opgebou en ontwikkel word. Die werknemers is ’n bate vir jou familiebesigheid.

Every stakeholder within the family business must adhere to a clearly defined framework of values and principles, formally documented within the FAMILIEGRONDWET. Family businesses inherently possess an extraordinary wealth of intellectual capital, and the FAMILIEGRONDWET must ensure that this intellectual capital is articulated, developed, and passed on to the next generations.

5. Opvolgbeplanning

AS DEURE

Die verhouding tussen die ouer en jonger geslag is baie belangrik. Familieondernemings misluk dikwels omdat die ouer generasie vashou aan dit wat hulle opgebou het, en nie vaardighede en beheer aan die jonger generasie wil oordra nie.

Opvolgbeplanning is die deure van die familievesting. Die ouer generasie moet deur die deur van afskaal en uittree stap en die deur van die familievesting oopmaak vir die jonger generasie om in te stap. Geen familiebesigheid kan oor generasies bly voortbestaan sonder dat die ouer generasie die “stokkie” aan die nuwe generasie oorgee nie. Duidelike opvolgplanne moet in die FAMILIEGRONDWET gemaak word FAMILIEGRONDWET gemaak word

om te verseker dat niks van die intellektuele kapitaal van die familiebesigheid verlore gaan nie. Van die vrae wat in die opvolgplanne aangespreek word, is:

  • Hoe word bestuur oorgegee?
  • Wie is die opvolger?
  • Oor watter tydperk vind dit plaas?
  • Oor watter opleiding, ervaring en karakter eienskappe moet die opvolger(s) beskik?

Hierdie is nie ’n plek van opgee, afgee of weggee nie, dit gaan oor aangee.

Die familieforum en familieraad

Die familievesting het ’n liggaam nodig om die implementering van familiewaardes en -beginsels in die familiebesigheid te verseker. Hierdie liggaam is die Familieforum wat uit die onmiddellike lede van die familie (sowel as aangetroude en aangenome familielede) bestaan.

Laasgenoemde aanvaar die FAMILIEGRONDWET en funksioneer as ’n liggaam wat verseker dat die ooreengekome familiewaardes in al die familie- besighede toegepas word. Die Familieforum tree ook op as die beskermheer wat die besighede en besigheidsbates bestuur, beskerm en bewaar oor generasies heen.

Binne die Familieforum kan verskille en konflik tussen familielede konstruktief hanteer word deur geleenthede te skep vir gereelde en doeltreffende kommunikasie. Dit beteken dat konflik aangespreek en suksesvol opgelos word.

FAMILIERAAD

’n Familieraad is die verkose bestuurskomitee van die Familieforum wat verseker dat daar op bestuursvlak namens die Familieforum met die verskillende vertakkings van die familiebesighede gekommunikeer word.

Die opstel van ’n

FAMILIEGRONDWET

The process of drafting the FAMILIEGRONDWET Die proses om die FAMILIEGRONDWET op te stel is net so belangrik soos die dokument self. As jy by een familiebesigheid was, was jy net by één familiebesigheid. Elke familiebesigheid is uniek. Die waardes, reëls en beginsels van een familiebesigheid, geld nie noodwendig by ’n ander familiebesigheid nie.

Die verhouding tussen die individue in die familiebesigheid is baie belangriker as die papier wat daardie verhoudingreguleer! Daar is twee hoofdoelwitte wat jy wil bereik voordat jy met diepapierwerk van die FAMILIEGRONDWET begin. two main goals that you want to achieve before you start the FAMILY CONSTITUTION PROCESS.

1

Die familie se visie en droom moet geformuleer word en daar moet seker gemaak word almal is belyn met hierdie familiedroom. Dit vereis ’n konsultasieproses om almal se drome en behoeftes te verstaan.

2

Die onderliggende aspekte van konflik en emosies moet verstaan word sodat dinge wat krap geïdentifiseer, aangespreek en opgelos kan word voordat die dokument opgestel word.

ONTHOU! Die opstel van die FAMILIEGRONDWET is nie ’n vinnige proses nie,en neem dikwels ’n jaar om te finaliseer.

Die implementering hiervan is ook baiebelangrik. Daarom staan Galileo Advicefamiliebesighede ook by om die eersteFamilieforumvergadering te fasiliteerongeveer 6 maande ná die onder-tekening van die FAMILIEGRONDWET.

Die span van Galileo Advice (George Robertson en Monique Bräsler) voer gesprekke met almal in die familie sodat die familiedroom geformuleer kan word en almal se verwagtinge verstaan en bestuur kan word. Na afloop hiervan formuleer Galileo Advice ’n 15 tot 25-punt Grondwetraamwerk waartoe almal moet instem. Dan word daar met die opstel van die FAMILIEGRONDWET begin.

Om ’n pagter te wees beteken die familiebesigheid is belangriker as die individu, en dat elkeen die verantwoordelikheid aanvaar om dit beter agter te laat as wat hy/sy dit gekry het.

Die grootste geskenk aan ’n familiebesigheid is om ’n kultuur van rentmeesterskap te skep en om ’n FAMILIEGRONDWET vir jou familiebesigheid op te stel.

Ek was vir ’n rukkie die pagter hier.

pg-duplessis

Jou kinders, kleinkinders, en hul afstammelinge sal jou ewig dankbaar wees omdat jy die voortbestaan van jou familiebesigheid deur ’n FAMILIEGRONDWET kan verseker!

Beveilig jou familie se nalatenskap vandag!

Kontak Ons

GEORGE ROBERTSON

George is ’n uitvoerende direkteur van Galileo Advice. Hy is ook ’n praktiserende prokureur by VanDerMerwe & Robertson- prokureurs. Hy glo dat die opstel van ’n FAMILIEGRONDWET belangrik is vir die voortbestaan van alle familiebesighede.

MONIQUE BRÄSLER

Monique is die hoof van Galileo Advice se welvaartafdeling en help families met die finansiële kapitaalkomponent in hul FAMILIEGRONDWET. Sy het ’n honneursgraad in finansiële beplanning en ook ’n diploma in beleggingsadvies van die Chartered Institute of Securitiies and Investments van die Verenigde Koninkryk verwerf.

THEO VORSTER

Theo Vorster is ’n ekonoom, medestigter en hoof- uitvoerende beampte van Galileo Capital, asook ’n direkteur van Galileo Advice. Familiebesighede lê hom na aan die hart, aangesien die bewaring van geslagte lange welvaart ’n bate vir die hele familie kan wees. Hy glo dat ’n FAMILIEGRONDWET kan help om die familiedroom oor ’n suksesvolle familiebesigheid te bewaarheid.

Vir meer inligting of vir ’n konsultasie, kontak ons asseblief by

NEEM KENNIS! Geen fooie word ná die eerste konsultasie gehef nie en dit is verpligtingvry. Dis ’n geleentheid vir alle belanghebbendes om te besluit of hulle met die proses wil voortgaan. Galileo Advice word deur sy aandeelhouers (Galileo Capital en VanDerMerwe & Robertson Prokureurs) bygestaan om verskeie oorgenerasiedienste soos boedelbeplanning en strukturering aan verskeie Suid-Afrikaanse familiebesighede te lewer.

4. Regstrukturering

AS DAK

Regstrukturering is die dak wat die familievesting teen onweer moet beskerm! Daar is verskillende eienaars en entiteite in familie- besighede, en elke eienaar se bates word deur verskillende dokumente gereguleer en na volgende gene- rasies oorgedra.

5. Opvolgbeplanning

AS DEURE

Opvolgbeplanning is die deure van die familievesting. Die ouer generasie moet deur die deur van afskaal en uittree stap en die deur van die familievesting oopmaak vir die jonger generasie om in te stap. Geen familiebesigheid kan oor generasies bly voortbestaan sonder dat die ouer generasie die “stokkie” aan die nuwe generasie oorgee nie.

3. Menslike kapitaal

AS PILAAR

Menslike kapitaal is die bates in die familiebesigheid wat nie in geld gemeet kan word nie.

Besigheidseienaars beaam dikwels dat die besigheid net so sterk is soos die mense wat vir die besigheid werk. Elke familiebesigheid moet seker maak hulle stel die beste mense vir elke pos aan, en dat die werknemers en bestuur deurlopend opgebou en ontwikkel word. Die werknemers is ’n bate vir jou familiebesigheid.

2. Finansiële kapitaal

AS PILAAR

Elke familiebesigheid het ’n stewige pilaar van finansiële kapitaal nodig om die familie- vesting regop te hou. Dit bestaan nie net uit ’n gesonde balansstaat nie, maar het ander belangrike komponente.

1. Die familiedroom

AS ONDERBOU

Die familiedroom vorm die onderbou van elke familiebesigheid. Dis hier waar die kommunikasie proses moet begin.